Wat maak jou gelukkig? deur Henk Gous [resensie]

 

 

Wat belangrik is, is dat jy besef: met jou redenasie oor watter voorwaardes moet geld voor jy geluk gaan vind, ontsê jy jouself die geleentheid om vandag geluk te beleef.

 

Jou geluk hang nie af van iets buite jou nie. As jy gelukkig getroud is, of in ’n vervullende verhouding met jou ouers of kinders staan, of bevoorreg is dat jy jouself in jou werk of stokperdjie kan uitleef (of so gelukkig is dat jou stokperdjie jou werk is!), skep dit omstandighede waarbinne jy makliker gelukkig kan wees. Maar jy gaan nie noodwendig, of outomaties gelukkig wees nie. Want geluk lê BINNE jou, dit is jou eie keuse en besluit.

 

Daarom skryf Henk oor ’n gebalanseerde perspektief op lewensvreugde en geluk. Wanneer jy genoeg geld het, of getroud is, of kinders het, of gesond is, kan jy makliker kies om gelukkig te wees. Maar wanneer jy chronies siek is, of ’n enkelouer is, of diskriminasie by jou werk beleef, kan jy steeds kies om gelukkig te wees.

 

Depressie, angs, dwase besluite, bekommernis en woede steel jou lewensvreugde maar jy kan daarteen veg — deur te onthou dat sekere skadelike optredes en emosies nie kwaadwillig is nie, dat jy soms ’n diagnose deur ’n professionele persoon benodig voor jy jou siektetoestand (depressie of angs) effektief kan beveg, dat medikasie vir gemoedsteurings beskikbaar is en werk, deur gereeld matig te oefen, verkeerde denkwyses te beveg en obsessies en kompulsies te bestry.

 

’n Boek wat maklik lees maar groot lewenswaarhede bevat, wat dit ook ’n goeie geskenk maak vir iemand vir wie jy omgee.

Bron:  ekerk.org

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.