Woollies se tydskrif-debakel

Die res is geskiedenis. Woolworths het hul besluit herroep en as volg aangekondig: “Julle (die Christene) het geskryf – ons het geluister en het nou besluit om alle (Christelike) tydskrifte terug op die rakke te plaas.”

Onmiddelik was daar weereens ‘n stortvloed reaksie van Christene wat die besluit verwelkom het. Baie is geestelik versterk deurdat hul reg op godsdiensvryheid en godsdiensbeoefening erken is. Loof die Here!

Wat egter ook nodig is, is dat ons in alle liefde vir mekaar as mede-gelowiges moet sê: Ja, dis goed en reg en noodsaaklik om op te staan vir die dinge waarin ons as kinders van die lewende God glo. Ons is sy getuienis. Ons is sy hande, sy voete en sy stem.

Daarom moet daar in AL ons optredes sy liefde en vergewensgesindheid gesien word. Die snydende en verdoemende opmerkings wat in sommige Christenlesers se kommentaar en optrede gevind kon word, is nie wat God se plan vir ons is nie. Ja, ons MOET opstaan vir dit waarin ons glo, of dit nou die herhaalde misbruik van sy Naam en godslaster in die media is, belangrike sportbyeenkomste op ‘n Sondag of die opening van sekswinkels oorkant skole.

Ons moet dit egter op só ‘n wyse doen dan Hy bo alles daardeur verheerlik word. Dis immers hoekom ons hier is. Kom ons ondersteun die Christelike media deur tydskrifte, boeke, musiek en DVD’s te koop. So wys ons ook waarin ons glo, dat ons sterk daaroor voel en dat die Evangelie ook hierdeur uitgedra word.

– Eulogia

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.