As more nie kom nie

 

Hierdie boodskap kan of ‘n bietjie fatalisties klink, of dit kan jou by ‘n besluitneem-punt bring. Verseker leef ons as Christene met ‘n verwagting vir more, en omdat ons kinders van die Here is glo ons in ‘n toekoms. Maar more kan dalk nie aanbreek nie, ons weet nie.

Kom ons speel gou ‘n bietjie “sê nou maar…”. Sê nou maar vandag is jou laaste dag op aarde…

  • wat het jy gedoen wat jy nie moes doen nie?

  • wat moes jy doen, wat jy nie gedoen het nie?

  • waaroor sou jy spyt wees?

  • wat kan jy vandag nog doen?

  • is daar nog iets wat gesê moes word?

  • wat sou jy met jou geld en jou besittings doen?

  • hoe sou jy jou gesin hanteer?

  • wat sou jy op jou laaste dag by die werk doen?

  • sou jy dalk nog ‘n goeie klompie lewe uit hierdie 24 uur kon druk?

Lees hierdie woorde van die Nickelback liedjie “If today was your last day”

My best friend gave me the best advice
He said each day’s a gift and not a given right
Leave no stone unturned, leave your fears behind
And try to take the path less travelled by
That first step you take is the longest stride

If today was your last day
and tomorrow was too late
Could you say goodbye to yesterday?
Would you live each moment like your last?
Leave old pictures in the past
Donate every dime you have?
If today was your last day

Against the grain should be a way of life
What’s worth the prize is always worth the fight
Every second counts ’cause there’s no second try
So live like you’ll never live it twice
Don’t take the free ride in your own life

If today was your last day
and tomorrow was too late
Could you say goodbye to yesterday?
Would you live each moment like your last?
Leave old pictures in the past
Donate every dime you have?
Would you call old friends you never see?
Reminisce of memories
Would you forgive your enemies?
Would you find that one you’re dreamin’ of?
Swear up and down to God above
That you finally fall in love
If today was your last day

If today was your last day
Would you make your mark by mending a broken heart?
You know it’s never too late to shoot for the stars
Regardless of who you are
So do whatever it takes
‘Cause you can’t rewind a moment in this life
Let nothin’ stand in your way
Cause the hands of time are never on your side

If today was your last day
and tomorrow was too late
Could you say goodbye to yesterday?

Would you live each moment like your last?
Leave old pictures in the past
Donate every dime you have?
Would you call old friends you never see?
Reminisce of memories
Would you forgive your enemies?
Would you find that one you’re dreamin’ of?
Swear up and down to God above
That you finally fall in love
If today was your last day

As vandag jou laaste dag was … dis moeilik om daaraan te dink, maar miskien is dit nodig om so bietjie daaroor te peins.

Kom ons begin by geld en besittings. Sou die waarde wat jy aan geld heg eensklaps verander? of nie? Hoeveel sou jy uitdeel? Sou jy hierdie laaste 24 uur kyk hoeveel jy vir oulaas kan maak? Of hoeveel jy vir oulaas kan weggee? Daai ou wat jou R500 skuld, sou jy hom vir oulaas gaan wurg, of sou jy die skuld afskryf? Of nog ‘n moeiliker vraag: sou jy jou beskikbare kontant gebruik om jou skuld af te betaal, of sou jy sê: ag nee wat, vergeet van hom, hy sal nou in elk geval niks meer aan my kan doen as ek nie betaal het nie. Ek dink nogal hierdie vrae toets ons waardes so ‘n bietjie. Geen wonder dat God praat van Mammon nie, en dit as ‘n god – geld en goed neem so maklik die Here se plek in ons lewens in. Miskien moet ons net gou bietjie stilstaan en ons eie posisie teenoor geld en besittings in oënskou neem. In die Onse Vader – gebed lees ons: “gee ons vandag ons daaglikse brood”, nie ons weeklikse, of jaarlikse brood nie. Sou jy gelukkig gewees het as jy net brood vir een dag gehad het? Baie mense het nie eens dit nie. Maar … ek vra weer: sou jy gelukkig kon wees? Lyk my dit hang net af hoeveel dae jy oor het. Lyk my geld is ‘n tyd-ding.

Voordat mens op ‘n lang vakansie of ‘n sakereis gaan, is daardie laaste dag ver by mal verby. Alles moet gebeur – paspoort, visa, padkos, admin, ens ens, Alle sake moet in orde kom, alles moet reg gelos word by die huis. Maar, as dit nou die laaste, laaste dag op aarde was – sou jy dalk vir oulaas vir ma of pa in die outehuis gaan kuier het? Sou jy dalk ‘n paar verhoudinge gaan regmaak het? Daardie wat jy nou al so lankal uitstel. Jy wil tog nie die aarde verlaat terwyl mense sleg van jou dink nie? As vandag jou laaste dag is, sou jy eerder ekstra tyd aan verhoudinge spandeer het, of sou jy nog bietjie goed wou opgaar? Sou jy gaan ekskuus sê, vir oulaas ‘n tydjie saam met iemand gaan spandeer? Sou jy tyd saam met die Here gaan deurbring? Dalk nog iemand van die Here gaan vertel, terwyl daar nog tyd is? Eenvoudig gestel: sou jou laaste dag oor jouself of oor ander gaan?

Onthou: jy HET nog vandag. Wat gaan jy daarmee maak?

As vandag jou laaste dag was … hoeveel tyd het jy nodig om regtig te lewe? As jy weet jy het nog 20 jaar, is dit maklik, mens kan nog baie doen. 10 jaar is ook nog okei, selfs miskien 5 jaar kan nou nog lank klink. Ek kry soms die idee ons dink ons lewenskwaliteit moet afneem hoe minder dae ons oorhet. Ek sien dit nogal by bejaardes – hulle voel die lewe kan nou maar stop en klaarkry. Dis verkeerd. Dink liewer saam met my hoeveel ware lewe kan jy nog inpas in 24 uur se lewe, of in 10 minute se lewe. As mens nie tonne kwaliteit kan inpak in een dag se lewe nie, sal jy geen kwaliteit kan inpak in ‘n honderd jaar nie.

Hou op sterf, want jy lewe nog! Moenie leef om te sterf nie, leef totdat jy sterf.

As vandag jou laaste dag was…. sorg dat daar geen slegte verhoudinge of onafgehandelde sake is nie, sorg dat daar balans en kwaliteit in elk dag se lewe is! As jy dit vir één dag kan regkry, en dan vir nog ‘n dag, en nog ‘n dag ….. leef een dag op ‘n slag.

Ps 118:24 “Dit is die dag wat die Here gemaak het, laat ons daaroor juig en bly wees”

Bron:  heuning.co.zaNGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.