Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde

Soms word ‘bedaar, misverstaan en mense dink dat dit net beteken dat ons kalm moet wees en op dit wat gesê word, moet fokus. Dit het egter ‘n baie dieper betekenis. Dit is ‘n goddelike opdrag: “Stop waarmee jy besig is en erken dat Ek God is.”

 

Ongelukkig neem dit soms ‘n groot terugslag, ‘n skielike tragedie of ‘n ernstige operasie om ons die werklikheid te laat besef. Ons moet egter nie wag vir ‘n krisis om ons te laat bedaar en te erken dat die Here God is nie. Daar is nie ‘n beter oomblik as juis nou nie.

 

Gebed: Ewige God en Vader, ek erken dat U God is, my Verlosser, my skild en krag. Ek vertrou op U. Gee dat ek deur u Seun, my Here, u liefde waardig sal wees. Ek bid dit in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Amen

Bron:  versndag.co.za

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.