Ons kan nie net kritiseer nie. Wat is die oplossing? Eenvoudig. Ignoreer kerkverband, sinodes, kongresse, kerkrade, raad van kerke en gaan kyk self wat leer die Woord ons. Bly dan daarby.
Teoloë, vra Bybelstudente wat hulle leer en wat julle nog al die jare miskyk.
Leer dan van hulle en vergeet jul akademiese redenasies wat nie eens op die duur vir jouself sin maak nie.
Wat kerke betref: Watter een van die 34 000 denominasies wêreldwyd is reg?
As daar tien is wat reg is in Suid-Afrika, waarom is hulle dan tien en nie een nie? Vergeet om te streef na kerkeenheid gegrond op leerstellinge – dit sal nie slaag nie. Eenheid vanuit die Woord van God is die enigste pad.
Aan alle predikers, dominees, pastore en priesters: Leer ons die hele Woord van God. Van Genesis tot Openbaring. Byvoorbeeld: Sê vir ons wat het gebeur en wat is nog steeds besig om te gebeur?
Moenie alles vergeestelik nie. Ons is nie almal so dom om dit te bly glo nie.
Julle kerke word leeg. Bly in die Woord en die kerke sal oorstroom.
Ons wil nie jul menings hoor nie – ons wil God se Woord hoor en leer.
Ons begeer dit. Help ons as julle kan.
Die Skrif hoef nie te verander om “by te bly” nie. Die Woord van God is nog net so nuut en vol beloftes soos aan die begin. God en Sy Woord verander nooit.
Bron: Beeld.com