Die agtergrond is belangriker as die voorgrond

 

— Oordink die Bybel en bid gereeld. Moenie een dag oorslaan nie, al voel jy nie daarna nie!
— Dink deur die loop van die dag bewustelik terug aan dit wat jy in die Woord gelees het. Deel dit met iemand anders.
— Hou ’n joernaal aan waarin jy reflekteer oor jou eie lewe. Teken hoogtepunte aan waar jy regtig die Here se hand ervaar het en eer Hom hiervoor.
— Stel jou selfoon in om op vaste tye ’n sein te gee om jou te herinner om kort gebede deur die loop van die dag te bid.

  

Plaas die regte geloofskennis in jou kop. Dit vorm die lewensbelangrike agtergrond waarteen nuwe inligting gemeet word wat aanhoudend by jou lewensdeur aanklop. Anders gestel, dit vorm jou lewenswaardes wat koers gee aan elke gedagte en elke woord op jou lippe.

Bron:  ekerk

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.