DIE JOODSE HUWELIKSTELSEL (Deel 4 van 6)

Hierdie Skrifgedeelte bevat dan die vierde stap van die Joodse Huwelik Stelsel. Die Seremonie is in die hemel en word gevolg deur die tweede koms van die Messias. Johannes bespreek die tweede koms in verse 11-21 (Terloops volgens Ou Testamentiese profesieë wil dit voorkom asof Christus nie direk na die Olyfberg terugkeer nie maar eers na ʼn plek genaamd Bozrah en dan van daar na Jerusalem). In elk geval uit die Skrifgedeelte kan ons sien dat die Huwelik Seremonie plaasvind voor die tweede koms van Christus. Ons sien ook n verdere drie aspekte hier:

 

  1. die bruilof van die Lam het gekom

 

  1. Sy vrou het haar gereed gemaak

 

  1. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.

 

Dit wys dat die Regter Stoel van Christus en die reiniging en heiligmakings proses van die bruid voltooi is en dat die bruid inderdaad as ʼn reine maagd voorgestel word by die bruilof seremonie van die Lam.

 

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.