Die Twilight Saga

 

Die bonatuurlikheid van Edward raak amper aanvaarbaar, en mens wil graag hê die twee moet mekaar vind. Dit is wat die rooiligte laat flikker. Die onnatuurlike en selfs die bonatuurlike word aanvaarbaar en selfs die norm.
 

Tog moet mens nie vergeet dat dit slegs fiksie is nie. Ons almal weet dat daar nie so iets soos vampiers is nie, omdat dit nie in ons Christelike, Bybelse verstaan inpas nie.
 

Wanneer mens dan die fliek evalueer vanuit ‘n Christelike perspektief, is dit juis die vertrekpunt dat dit slegs fiksie is. Die vraag wat jy as ouer moet afvra is of jou kind oud genoeg is om te kan onderskei tussen fiksie en waarheid.
 

Twilight is nie die waarheid nie, en kan verwarring skep as kinders dit as die waarheid aanvaar.Daar is verskeie aspekte in die fliek wat kommerwekkend is bv. die immortaliteit van die vampier, die bonatuurlike kragte, die bloeddorstigheid/geweldadigheid, die verhouding tussen Edward en Bella wat grens aan ongesond vir persone van daardie ouderdom, alhoewel daar geen eksplisiete tonele in die fliek is nie.
 

Wanneer die fliek dus krities beoordeel word is daar verskeie aspekte wat nie inpas in ons Christelike raamwerk nie.
 

Kan ons onsself onttrek en isoleer? Ek dink nie dit is moontlik nie, maar wat wel moontlik is, is om ons kinders te begelei in die waarheid. Die Twilight-reeks is iets wat die wêreld oorval het, net soos die Harry Potter reeks. Jou kinders sal blootstelling daaraan kry, maar jy as ouers moet die weg van Christus vir hulle uitwys.

 

 Bron: Ds Wikus Venter (NG Kroonstad-Oos)


NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.