So ‘n versameling geskrewe verhale was die ‘Boek van die Opregte’, waarin die heel vroegste liedere opgeskryf is en wat dalk al iets oor Israel se beginjare gesê het (Jos 10:13). Na Saul en Jonatan se dood het Dawid ‘n treurlied geskryf wat al ‘die inwoners van Juda’ moes geleer het en wat in die ‘Boek van die Opregte’ opgeneem moes word (2 Sam 1:17-18).
Bron: Bybelkennis.co.za