Terwyl ons ons motors bestuur, laat ons ander padgebruikers – bestuurders sowel as voetgangers – respekteer.
Almal wil graag veilig tuis- kom. Ook hulle het geliefdes tuis wat die feestyd saam wil vier.
As jy dus nie in staat is om te bestuur nie, moenie agter die stuurwiel inskuif nie.
Jesus maak ’n verskil in ons lewe. Laat ons dus dieselfde vir iemand anders doen.
Gee ekstra kos aan die haweloses, of die kledingstuk wat jy verlede Kersfees as geskenk gekry het en steeds nie dra nie.
Selfs ’n warm, vriendelike glimlag kan ’n verskil maak. Vier fees en wees vrolik, maar hou matigheid voor oë.
Laat ons almal hierdie feestyd saamstaan en Christus al die eer en glorie gee.
Bron: Rapport.co.za