“Ek wil jóú Christus hê”

En uiteraard was die ander gevangenes verstom hieroor. Toe die Gees later die nag die tronkdeure laat oopgaan, kon die hoof van die tronk dit net nie meer hou nie en pleit hy dat Paulus-hul hom sal vertel hoe hy dit kan kry wat hulle het. Wanneer Paulus hom vertel dat Hy in die Here Jesus moet glo, word hierdie gevangenis-offisier nie alleen ‘n bekeerde nie, maar word ook sy hele huisgesin gelowiges (Hand 16:19-34).

Wat ‘n lewende getuienis van iemand wat die dood in die oë gestaar het! En wat ‘n voorbeeld vir ons! Vir ons wat vry is! Vir ons wat ons geloof vrylik mag verkondig. Vir ons wat die Gees in ons het en die Woord elke dag voor ons het!

Mag ek en jy elke dag so leef dat ander sal vra: “Wat moet ek doen om die Christus te hê wat jy het?”

Maak my ‘n elke-dag-se lewende getuie, Jesus.

 

Bron:  ekerk

 

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.