Ons offers is eintlik niks

Geloof kos altyd ’n prys. Dissipelskap is nooit teen uitverkoping-pryse beskikbaar nie. Geloof in Christus vra om nuwe prioriteite, nuwe beginsels, nuwe lewensroetes en nuwe planne wat gedurig inmeng met die selfsugtige drome wat ons droom. Maar wag, dalk gaan geloof nie regtig oor al die offers wat van onsself gevra word nie, maar oor ons verhouding met Christus. Geloof is nie die nakoming van ’n klomp wette of reëls nie, maar ’n verhouding met Jesus. Enige lewende verhouding met die Een wat sy eie lewe gegee het om die wêreld met God te versoen, laat al ons sogenaamde offers gering lyk. Onvoorwaardelike liefde vir God is op die ou end ons enigste dryfveer om tot Sy eer te leef.

Bron:  ekerk

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.