Geluk

Geluk wat nie uit jou hart kom nie, is tydelik. Dis papierdun. Dis wisselvallig. Soek en vind jou geluk elke dag in jou verhouding met die Here.

Sy teenwoordigheid is nie van jou omstandighede afhanklik nie; ook nie van die omstandighede in Suid Afrika, of waar jy ook al in die wêreld woon nie. Hoor weer. Die Here se goedheid word nie gemeet aan jou eie omstandighede nie! Die Bybel is vol daarvan dat die Here Homself in moeilike omstandighede op besonderse maniere laat vind.

Hy is die Rots in gevaar en ‘n Uitkoms in die dag van nood. Sy goedheid is meer as genoeg onder alle omstandighede.

Maar dan moet Hy jou enigste Herder wees!

Dan moet jy jou lewe aan sy Vaderlike sorg toevertrou. 

Bron:  ekerk 

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.