Gwede: Kerke eis verskoning

 

Mantashe het baie Christene in die harnas gejaag toe hy eergister op ’n politieke byeenkoms van die National Union of Mineworkers ’n verband getrek het tussen die drieparty-alliansie en die Drie-eenheid. Hy het ook ’n parallel getrek tussen die 12 presidente van die ANC en die 12 dissipels van Jesus, en tussen Moses en oudpres. Nelson Mandela. Van Wyk het gesê Mantashe se woorde staan in die teken van Openbaring 12 en 13 se beskrywing van politieke en ekonomiese teenstand teen God. “Daar word die Bose driemanskap – die draak (satan), die dier uit die see (antichris) en die dier uit die aarde (valse profeet) – se poging om hulle as die Heilige Drie-eenheid – Vader, Seun en Heilige Gees – voor te doen, skerp afgewys.”

In die kuberruim het dit gegons van ontsteltenis en dr. Braam Hanekom, Wes-Kaapse moderator van die NG Kerk, het gesê hy het oproepe gekry van mense wat baie kwaad is.

Die moderamen van die NG Kerk se algemene sinode het in ’n verklaring gesê die Christelike gemeenskap het die laaste klompie jare al ’n paar keer hul misnoeë uitgespreek oor die misbruik van die Bybel deur politieke leiers, veral voor verkiesings. Burger meen Mantashe is ’n ondubbelsinnige verskoning aan Christene in Suid-Afrika verskuldig.

Die Gereformeerde Kerke se deputate owerheid het gesê Mantashe se woorde is “ ’n vergryp aan die heiligheid van God en ’n skandalige misbruik van godsdiens vir politieke gewin”. Kerke het al voorheen skerp gereageer op dié soort misbruik van die Christelike godsdiens om vir die ANC steun te werf. Die Verenigende Gereformeerde Kerk het voor die munisipale verkiesing in 2011 na die “veragtelike voorval” verwys en ’n oproep op hul lidmate gedoen om hul gewete voor God te ondersoek en hulself af te vra of hulle vir ’n party kan stem wat geen respek vir hul geloof het nie.

Bron:   beeld.com

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.