Hoe om… liefde aan ‘n Alzheimer-lyer te betoon

“Ek het vir haar ’n pop gekoop. Sy en die pop is nou onafskeidbaar.”
Hoe gereeld gaan sy kuier?
“Minstens een keer per week en elke ander tydjie wat ek kan. Ek sal nie ophou gaan nie. Soms, net soms, so hier en daar, is daar so ’n effense herkenning.”
Alzheimersiekte is ’n soort demensie wat skade in breinselle en die uiteindelike dood van die geaffekteerde selle veroorsaak in veral dié dele van die brein wat geheue, taal, persepsie, denke en gedrag beheer.
Namate meer breinselle aangetas word, vermeerder en vererger die simptome.

Colleen Nunn, ’n verpleegsuster en eienaar van Sasonah Lodge in Germiston, sê hoewel Alzheimer-lyers meestal deurmekaar is, hulle tog helder oomblikke kry wanneer hulle weer onthou wie en waar hulle is.
“Ek moedig daarom familielede aan om wel vir hul geliefdes in tehuise te gaan kuier, al is dit swaar. Dit maak tog ’n verskil, al ken hulle jou nie en al vergeet hulle dat jy daar was.”

Nunn gee ook die volgende raad:
Alzheimer-lyers geniet meestal fisieke kontak. Gee baie drukkies.Gesels met hulle. Enige interaksie met mense is goed vir hulle.Blaai saam deur ’n tydskrif, bou ’n maklike legkaart.Neem hulle aan die hand en stap saam deur die tuin.Alzheimer-lyers is dol op musiek, veral musiek uit hul jong dae. Dié wat nog kan is ook dol daarop om te dans.Hul langtermyngeheue is gewoonlik beter. Wys vir hul foto’s van toe hulle kinders was.Nunn sê verder mens moet besef dat jy met ’n siek mens te doen het.
“Moenie enige beskuldigings of swetstaal persoonlik opneem nie. En moenie in argumente betrokke raak nie. Besef wat die pasiënt beleef is s realiteit, al is dit hóé vreemd. Probeer as’t ware deel word van sy wêreld. Speel saam.”

 

Bron:  oosrandbeeld..com

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.