Informele Musiekbediening

Die doel van die musiekbediening is om die hedendaagse Christen deur middel van lied, lofprysing en aanbidding na die troonkamer van God te bring. Die kerk beskik tans oor drie aanbiddingspanne, elk met sy eie unieke klank, en styl. Hedendaagse musiek het verander van net lekker saamsing, na ‘n heilige, Geesgedrewe ervaring waar Christene hulself ten volle kan uitleef in woord en musiek.

Die musiekbediening spanne onder leiding van Martha du Plessis, Salome du Doit en Andries Swanepoel bestaan uit ‘n groep vrywilligers wat heelhartig toegewyd is om die gemeente te lei in Lofprysing en Aanbidding deur hulle talente daarvoor te gee in die besef dat dit ‘n voorreg is om die Here op die manier te kan dien. Dit gaan nie net vir die groep om “lekker” te sing nie maar dit is ‘n doelbewuste poging om in ons gemeente ‘n kultuur van lofprysing en aanbidding te vestig. Dit is nie net die melodie nie, maar ook – en veral- die inhoud van die liedere wat hier belangrik is.

Wat is nodig vir hierdie bediening?

  • Belangstelling/agtergrond in musiek, kuns,
  • Musiekopleiding, klavier, orrel, snaarinstrumente en tromme
  • Sangtalent

Vir meer inligting en indien jy belangstel om betrokke te raak, kontak gerus die kerkkantoor. Daar is ’n groot behoefte om hierdie bediening tot verheerliking van Sy Gemeente uit te brei en belangstellendes is baie welkom.

 

Enige gemeentelid wat geroepe voel om by ons betrokke te raak kan ons gerus kontak. Ons nooi ook enige gemeentelid uit om vir ons op ‘n Donderdagaand te kom kuier terwyl ons oefen. Dit is regtig ook vet pret.

 

Baie dankie vir gemeentelede wat ons so gereeld aan die Here opdra.

 

 

 

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.