Vat maar sy nederige koms aarde toe: ’n Voerbak vir diere was sy eerste aardse bed. Jesus se heel eerste besoekers, die skaapwagters, was ook nie romantiese, Kerskaartjie–figure met netjies geskeerde baarde en skoon klere nie. Hulle het na hulle skape geruik! Herders in daardie tyd was randfigure in die samelewing met goor reputasies.
Tog daag hulle volgens Lukas 2 op as die eregaste van die hemel daar by Jesus wat in ’n voerbak lê. Jesus het doelbewus ’n nederige roete gekies toe Hy aan ons kant van die draad kom leef het. Hy wil nie ’n kersfeesvader wees wat mooi persentjies uitdeel en dan weer verdwyn nie. Jesus is die Een wat ons kom dien met sy lewe.
Hy is die Here van die krip en die kruis. Ontdek Jesus opnuut hierdie Kersfees en vier saam met Hom fees.
Bron:ekerk.org