Sowat 10% het gesê hulle gaan een keer per maand kerk toe en sowat 16% twee of drie keer per maand. Sowat 17% kon nie onthou wanneer laas hulle in die kerk was nie.
Net 23% van die jongmense het aangedui hulle gaan vier of meer keer per maand kerk toe.
“Jongmense het ’n geweldige hunkering na God, maar hulle gaan soek nie na Hom in die kerk nie,” sê ds. Jaco Strydom van die Echo-jeugontwikkeling in Pretoria.
“Dit is omdat die kerk ’n naam het as ’n plek wat verskriklik en skynheilig is.”
Die feit dat die kerk so erg teen aborsies gekant is en gays veroordeel, dra tot hul baie negatiewe indruk van die kerk by, sê hy.
Ds. Anru Liebenberg van die NG gemeente Waverley meen die kerk is nie meer relevant vir jongmense en wat hulle vandag beleef nie.
Ds. Theodor van der Spuy van die Nederduits Gereformeerde Kerk in Johannesburg sê die kerk praat dikwels nie jongmense se taal nie.
“Musiek speel ook ’n baie groter rol as wat ons besef.”
Baie meen dit stimuleer hulle nie emosioneel nie, sê hy.
Strydom sê om jongmense te trek, sal die kerk ’n kultuur van omgee moet skep en oop wees vir moeilike vrae.
“Dit moet ’n plek wees waar mense eerlik kan wees.”
Bron: http://www.rapport.co.za/Nuus/Nuus/Jonges-glo-dog-minder-kerk-toe-20140426 NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.