Kerk, waar is jou mense?

Hoe is dit dan dat God die uitnodiging in die Bybel onderstreep dat almal welkom is maar dit duidelik nie dieselfde stel rëels is van sommige kerke nie.

Waar wonder ek het ons die beginsels van God van geloof, hoop en liefde vir menslike bevooroordeling verruil? 

Moenie wonder waarom kerke se deure toeslaan nie die tempel van God weerspieel eenheid van mense ALLE mense ingesluit. En as ek nog ongesiens die deure van die kerk deurstap moet ek vir ‘n uur luister na die straf wat God wat op my gaan neervel vir die sondaar wat ek is. 

Loop ek hopeloos uit met geen boodskap van hoop en vergifnis die oordeel reeds deur kerke gevel. Moenie verbaas wees as jou sondaar, Mnr. Ds. ,die een is wat jou by die poorte van God sal wegwys. 

Gaan terug na die nederigheid van God wat geen mens ooit veroordeel het nie en lewe en dra weer die boodskap van geloof, hoop en liefde onvoorwaardelik uit.

Bron:  http://afrikaans.news24.com/MyNuus24/Briewe/Kerk-waar-is-jou-mense-20110906 

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.