Kies self vir al die hemelse voorregte


9. Die voorreg om onder Christus verenig te wees (Ef.1:10b);
10. Die voorreg om deel van die volk van God te wees (Ef.1:11a);
11. Die voorreg om te weet dat alles volgens God se raadsbesluit gebeur (Ef.1:11b);
12. Die voorreg om die grootheid van God te prys (Ef.1:12,14c);
13. Die voorreg dat ons deur die waarheid van die evangelie tot geloof kom (Ef.1:13a);
14. Die voorreg dat ons deur die Heilige Gees gemerk word as eiendom van God (Ef.1:13b);
15. Die voorreg dat ons alles sal ontvang wat God belowe (Ef.1:14a);
16. Die voorreg van die waarborg dat almal wat aan Hom behoort, verlos sal word (Ef.1:14b);
17. … en al die ander voorregte wat in God se Woord, aan ons belowe word.

God gee wat Hy vra; Hy gee meer en beter as wat ons van Hom vra; Hy gee meer as wat ons verstaan; Hy gee sonder dat ons dit verdien; Hy gee onvoorwaardelik; Hy gee wat ons die nodigste het; Hy gee in oorvloed …

Ons ontvang genade, liefde, redding, vergifnis, heiliging, lewe, waarheid, blydskap, vrede … ja, al die hemelse seëninge wat daar in Jesus Christus vir ons gewaarborg word, word aan ons gegee!

Maak jou hart oop; maak jou lewe oop; maak jou denke oop …

Kies self; kies verseker; kies nou; kies altyd; kies Jesus; kies lewe; kies vrede; kies liefde …

Bron:  http://doomcharl.blogspot.com/

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.