Het ons nie te midde van stygende rentekoerse, die eise van ‘n huishouding en veeleisende beroepe die kuns verloor om met ons kinders ‘small talk’ te maak nie? Daar word groot klem geplaas op ‘n gesonde klimaat vir oop kommunikasie, wat ook belangrik is, maar dit loop die gevaar om net nóg ‘n eis of nóg ‘n verantwoordelikheid te word.
Dis nou die tyd om oor te begin en weer oor ditjies en datjies met ons kinders te gesels en sodoende deel van hulle lewe te wees. Skakel die motorradio af en gebruik die kort tydjies op pad deur met mekaar te gesels. Selfde geslag ouer en kind kan saam bad en sodoende ‘n spesiale tydjie deurbring om uit te vind wie is Robert Pattinson en wie van hulle maats is verslaaf aan Mixit.
Deur geleenthede te skep waar jy met jou kind oor onbenullighede kan gesels, wys jy vir hom dat jy daar is, ook vir daardie tye wanneer hy hart- en kopsake wil praat.
NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.