Kry die Bybel reg


5. God het aan Abraham opdrag gegee om sy seun te offer. Wat was die seun se naam?
6. Wat het soos tonge verdeel en op die mense gekom tydens die uitstorting van die Heilige Gees?
7. In watter rivier is Jesus gedoop?
8. Afgesien van Spreek in tale, noem enige ander twee gawes van die Heilige Gees.
9. Afgesien van Liefde, noem enige ander twee vrug(te) van die Heilige Gees.
10. Wat was Paulus se naam voordat hy Jesus op pad na Damaskus ontmoet het?
11. Watter een is volgens Paulus die grootste: Geloof, Hoop of Liefde?
12. Wat is die laaste boek in die Nuwe Testament?
13. Wie het Psalm 23 (“Die Here is my Herder”) geskryf?
14. Wat was die eerste wonderwerk wat Jesus gedoen het?
15. Watter werk het Josef (Jesus se pa) gedoen?
16. Noem enige twee van die tien gebooie?
17. Volgens die Ons Vader-gebed, waarvan moet ons verlos word?

 

Die 1 971 gr.7-leerlinge wat hierdie Bybelkennis toets afgelê het, het gemiddeld 46% behaal en die 2 311 gr.11-leerlinge 36%. Die toets is landwyd geskryf in skole waar die Rapportryers betrokke is en die 20 vrae was volgens die organisasie maklik.

Nou ja, jy moet die volgende weet oor die Bybel as God se Boek:

a. Die Bybel is die enigste Boek waarvan die Outeur altyd aanwesig is as ons dit lees.
b. Die Gees maak die Woord lewend.
c. Die Bybel is ook vir ons geskryf, maar nie eksklusief vir ons generasie bedoel nie. Ons lees die Bybel oor die skouers van duisende jare se lesers.

So lees jy die Bybel reg:

a. Begin by die begin en eindig by die einde. Lees Bybelboeke van voor tot agter deur.
b. Weet waar iets wat jy lees in die Bybel tekste staan. Onthou Jesus se kruis het iets met die Ou Testament kom doen.
c. Eet en metaboliseer dit soos wat Johannes in Openbaring 10 doen. Oordink en prosesseer dit soos wat Psalm 1 vereis.
d. Ken die stories van die Bybel. O ja, en geniet dit.

Bron:  ekerk.org

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.