Maar dit is dan juis so fantasties van Hom:
En hier is my punt oor God se vrymag: niemand van ons kan aan Hom voorskryf wie Hy vir ons moet wees nie. Ongelukkig is ons daartoe geneig. Ons “ontwerp” ons eie godjie (met respek) volgens ons eie unieke behoeftes en raak baie veeleisend teenoor Hom (praat ek dalk nou net vir myself, dan is ek jammer). Elkeen beleef sy krisis of probleem of situasie as so groot en ernstig, dat ons graag al God se aandag en hulp net vir onsself volgens ons eie-uitgedinkte-goed-deurdagte planne wil hê.
Ek is weer terug by ‘n baie ou redenasie van my oor ons elkeen se prentjie in ons koppe van wie God werklik is. Ons het elkeen 100% ons eie unieke ervaringe in die lewe wat ons elkeen uniek maak. En so word daar in ons elkeen ‘n 100% unieke prentjie gevorm van wie God is. Nie twee mense op aarde dink presies dieselfde oor God nie. Tog kan elke individuele Jesus-mens met oortuiging sê dat ons dink aan presies dieselfde God, net die een ware en lewende God, wat Homself in Jesus Christus aan ons kom openbaar het. Maar ons dink verskillend oor Hom en loop ‘n unieke pad deur die lewe saam met Hom en so verwag ons elkeen verskillende goete van Hom. Ons het elkeen ons eie unieke behoefte aan wie God vir ons moet wees.
Jesus-mense is eintlik voltyds besig om God beter te leer ken, al dink ons nie aldag heeldag daaraan nie. Deur goete wat in ons elkeen se lewe gebeur, mense wat ons paaie kruis, alles wat ons hoor en lees, en sommer die hele kaboedel (ja, daar is so ‘n woord wat sommer na alles verwys), kan ons klein bietjie beter met God self te doen kry.
Vandag wil ek fokus op ‘n baie diep, maar belangrike kant van ons God: sy vrymag! Kom ek verduidelik so eenvoudig moontlik:
“Wie bewys Hom ‘n guns, sodat Hy verplig is om iets terug te doen?” (Romeine 11:35)
Bron: http://doomcharl.blogspot.com/
NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.