‘n Nuwe jaar … sonder vrees

Wat is jou reaksie te midde van daardie krisisse? Laat jy toe dat vrees jou oorweldig of herinner jy jouself daaraan dat Jesus die dood oorwin het en aan ons die mag gegee het om deur sy Heilige Gees in ons lewens die vyand te oorwin?

 

Luister weer na Jesus se woorde in Lukas 10:19 lees ons: “Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen.

 

Jesus stel ons in staat om op slange, skerpioene en ook krokodille (in die vorm van uitdagings en krisisse in ons lewens) te trap. Kom ons vra Hom dus om ons nuut met sy Heilige Gees te vul sodat ons soos die olifant ook met selfvertroue vorentoe kan tree en wag dat die krokodil ook wegswem! Sterkte.

 

Vader God, baie dankie dat U my deur u Heilige Gees versterk om elke hindernis wat my pad mag kruis te deurstaan. Help my om te besef dat geen uitdaging ooit vir U te groot is. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.