As jy egter in liefde met so iemand ‘n pad stap, ruimte het vir hoe hulle glo, en al die liefde wat God jou gegee het, vir hulle gee, mag hulle dalk na jou begin luister. Let wel luister, nie saamstem, want dit is in die eerste plek nie binne jou of my vermoë om so ‘n persoon se siening te verander nie. So iets kan net die Heilige Gees doen.
Jesus se grootste vyande was nie die ongelowiges nie, maar die godsdienstiges van daardie tyd, omrede hulle nie Jesus se liefde vir juis daardie mense kon verstaan nie. Gaan leer en leef weer die vrugte van die Gees soos wat Paulus dit uiteensit. En bêre die oordeel vir iemand wat Heilig genoeg is daarvoor.
Vir die skeptici:
Ek (en geen ander mens) kan jou siening verander nie. Ek is seker jy het goeie redes en ervaring wat jou oortuiginge gevorm het. Ek wil egter vra om wel ons wat glo, die ruimte te gee daarvoor. In ruil daarvoor sal ons ons beste gee om onsself nie hoogheilig te hou, of om met oogklappe te leef vir dit wat die wetenskap byvoorbeeld al bo redelike twyfel bewys het.
Verstaan egter dat dinge soos geloof en liefde nie in die realm van wetenskap funksioneer nie. Die feit dat ek dalk nog net negatiewe ervarings gehad het in my liefdeslewe, beteken nie dat liefde nie bestaan nie, al voel dit vir my so en al is dit my realiteit. As die rede vir jou oortuiging dat God nie bestaan Christene en die Kerk is, kan ek net namens hulle om vergifnis vra. Ons is ook maar dikwels geroesde blikke waarin skoon water getap moes word. Dis nie die water wat vuil is, dis die blikke.
En terwyl ek oortuig is dat daar ‘n menigde arsenaal van woorde koeëls nou weer afgevuur sal word, hoop ek dat daar een of twee nugterdenkende mense aan albei kante van die lyn is, wat hieruit iets sal kry wat meer blywend is as hierdie oppervlakkige stroom van kommentaar wat soos gewoonlik sal volg.
Bron: nuus24.co.za