Naderende voetstappe in die sterre

 

Aardbewings versteur die rustige bestaan van die mens. Die aarde wankel onder hom. Stede en dorpe verdwyn. Duisende mense sterwe. Merk op die naderende voetstappe. Moenie dat dit by jou verbygaan nie.
 

Hongersnood maai duisende af. Dit is asof die natuur self sat is van die las om die mensdom te dra en te voed. Aan die ander kant word duisende tonne graan en voedsel vernietig, want daar is geen mark daarvoor nie. Enkelinge lewe in weelde en swelg in wellus. So gaan die Skrif in vervulling. Luister maar: “‘n Rantsoen koring vir ‘n penning en drie rantsoene gars vir ‘n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie” (Openb. 6:6 OAV). Aan die een kant die groot skaarste en nood, aan die anderkant groot weelde en voorspoed. Mense bekommer hulle nog oor olie en wyn – rykmansgenot – terwyl duisende veg om ‘n stukkie brood te koop.
 

In die katastrofes van die ontwrigte ekonomiese en maatskaplike lewe klink die klokkegebeier wat die koms van die Koning aandui.

Bron:  http://www.dieweg.co.za/boodskappe/dieweg2012boodskap1030.html

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.