Daarom dat ons Jesus se gebed in Getsemane agterna moet leer bid: “Nogtans nie wat ek wil nie, maar wat U wil, o God!” As ons dit opreg kan bid, begryp ons iets van nederigheid en van wag op die Here. Gebed laat ons buig voor God. Dit laat ons rus in Hom. Gebed bring ons tot hemelse rus reeds hier op aarde. Om te bid tot God se eer, is om reg te bid. Dis om die vryheid en oorvloed van die Here te beleef.
Tot dan is gebed eintlik maar net ’n ritueel en ’n plig.
Of ’n verbruikersmiddel in die hand van behoefte-aangedrewe godsdienstiges wat net heeltyd dinge van God wil hê.
Bron: ekerk.org