Onthou om dit te geniet

Maak nie saak hoe klein nie, elkeen kry iets van almal af. Van die wegsteek van geskenke dae voor die tyd sodat klein spioene dit nie bespeur nie, tot die oggend van Kersfees en verduidelikings / bespiegelinge van hoe en wanneer Vader Kersfees dit daar kom neersit het.

 

En Ou Kersaand lees my Ma vir ons die Kersverhaal sodat niemand vergeet waaroor dit rerig gaan nie. Net die blote gedagte daaraan verskuif sommer my fokus na die krip … en dan die kruis.  Onmiddellik voel my laste ligter.

 

Ja dit gaan gerook hierdie tyd van die jaar. Dis bekommernisse, toetse, vergaderings en beplanning en eindjaarfunksies en my kop is vol van dinge wat gedoen moet word. Maar soms druk ons verantwoordelikhede en verpligtinge so swaar, dat dit bietjie vir bietjie van ons vreugde tap.

 

So, wanneer ek nou ‘n lysie maak van dinge wat gedoen moet word (al is dit ook ‘n denkbeeldinge lysie) dan gaan ek heel bo-aan skryf: “NB – Onthou om dit te geniet!”

 

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.