Post Kersfees

Ek probeer om die chaos te aanvaar as deel van die vakansie, maar dit lol maar want dis nie ‘n vakansie-oord die nie, nee dis my huis.  Dis hier waar ek rustig raak en die vrede ervaar van behoort. Dis my veilige plek (my dên) en in die belangrigste tyd van die jaar, voel dit nie vir my so nie en dit maak my hart seer. My groot troos is dat almal die tydjie oënskynlik geniet en dat dit die familie weer bymekaargebring het. Ag, en dan besef ek dis mos waaroor Kersfees gaan, om te gee. Al put dit my uit en voel ek emosioneel ‘n bietjie onstabiel (vra maar my arme man), maak dit nie saak nie. Dit gaan oor die gee. Laat my dink aan daai liedjie van Johannes Kerkorrel:

 

“En gee gee gee, gee gee gee,

jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate

Gee jou hart vir Hillbrow

Ja, gee jou hart vir Hillbrow…”

 

Alhoewel Hillbrow miskien nie in my lewe ter sprake is nie, is die boodskap tog een en dieselfde: om meer te gee as net presente, om iets van jouself te gee.  En vra maar vir my, dis nie maklik nie.

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.