Pous: ‘God kan ateïste vergewe’

 

Franciskus het geskryf: “U vra my of die God van die Christene diegene wat nie glo nie en ook nie die geloof soek nie, vergewe. Ek begin deur te sê – en dit is die fundamentele ding – dat God se genade geen perke het as jy hom met ’n opregte en boetvaardige hart benader nie. Die saak vir diegene wat nie in God glo nie, is om hul gewete te volg.

“Sonde, selfs vir dié wat geen geloof het nie, bestaan wanneer mense hul gewete ongehoorsaam is.”

In sy antwoord het Scalfari die pous se standpunt geloof as “verdere getuienis van sy vermoë om grense in dialoog met almal te oorkom”.

In nog ’n ontwikkeling het aartsbiskop Pietro Parolin, die aangewese staatsekretaris in die Vatikaan, gesê die selibaat is “nóg ’n dogma nóg ’n wet van goddelike oorsprong, en dus oop vir bespreking”. Wanneer Parolin sy pos in die Vatikaan op 15 Oktober opneem, sal hy prakties die tweede man van die Rooms-Katolieke Kerk wees.

Sy standpunt trek nogal aandag, want dit is moeilik denkbaar dat hy dit sonder oorleg met die pous ingeneem het. Onder Franciskus se voorgangers was die selibaat onbespreekbaar.

“ ’n Mens kan oor die selibaat praat omdat dit net kerklike tradisie is,” het Parolin gesê.

Bron:  Beeld.co.za NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.