Die beoefening van rituele is ‘n viering van gesinswees. Van dinge saam doen. Die fokus in die wie eerder as die wanneer, waar en hoe.
Hoe vestig ‘n mens gesinsrituele?
• Betrek die gesinslede in die beplanning van die ritueel
• Moenie oordadig of te formeel wees nie; geniet mekaar se spontaneït en kreatiwiteit
• Wees konsekwent
Voorbeelde van gesinsrituele:
• Pa bring op Sondagoggende vir almal koffie in die bed
• Spesifieke kos op spesifieke aande (bv. vis & tjips op Vrydagaande)
• Kies ‘n “Persoon van die Week” wat sekere voorregte geniet
• Briefies in die kosblikke op die eerste oggend van die nuwe kwartaal
• Brand ‘n kers wanneer Oupa/Ouma sou verjaar het
• Plant saam pronkertjiesaad op Valentynsdag
• Eet “Sour Worms” wanneer ‘n gesinslid ‘n slegte dag of ‘n teleurstelling het
• Bad die honde saam op 1 September
Vestig vandag nog ‘n ritueel, al is dit eenvoudig, in jou gesin… en vier die eenheid.
NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.