Die organiseerders, Wilma Lagendijk en Sarie Naudé het gesorg vir die gladde verloop van die dag se verrigtinge en Esti Poolman het haar kragte ingespan oral waar sy kon. Len Lagendijk het sy kant gebring met die organisering van die tafels asook die versierings in die saal. Nog ‘n paar staatmakers van ons gemeente het ook hul hulp verleen deur ons spesiale gaste flink te bedien met die eet en drinkgoed.
Sophie was ons stêr vir die dag wat soos ‘n masjien ál die skottelgoed gewas het in absolute rekordtyd en die dames wat haar bygestaan het met die afdroog proses moes hul storie ken om by te hou. Dan was daar ook die dames wat die nagereg voorberei het wat hul deel bygedra het. Vir almal wat gehelp het sê ons baie, baie dankie vir die spanpoging. Die fotos spreek vanself.