Sluit aan by God se weerstandsbeweging

Daar is ʼn ander weg. Sluit aan by God se weerstandsbeweging. Maak optimisme jou “default setting”. Optimisme is nie net ʼn lugkasteel nie. Dis gegrond op die geloof en die verwagting dat God sy beloftes sal nakom. Optimisme verander hoop in handeling. Dis waarom ons gevul moet wees met ʼn passie om God se wil te doen. Optimisme inspireer terwyl pessimisme ʼn mens in die diepste put van negatiwiteit dompel. ʼn Toksiese houding teenoor die lewe vergiftig ons lewens terwyl ʼn positiewe houding ʼn “aangename geur” versprei.

 

Christus met sy weerstand teen siekte, ongeregtigheid en die dood van onskuldiges wys ons die weg. Vir Jesus was hierdie dinge ʼn dwarsboming van God se wil en daarom het Hy die bose, negatiwiteit en vooroordeel met alles wat in hom is beveg. Trouens, Hy het daarvoor gesterf. En om sy werk op aarde voort te sit het Hy ons as in sy weerstandsbeweging op aarde aangestel. En dis presies wat ek en jy elke dag van ons lewens moet doen.

 

Gebed: Here, bewaar ons daarvan dat ons net die donker sy van ons wêreld raaksien. Laat my die lig in die donker wees.

Bron:  versndag.co.za

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.