Tree vroeër op om gesinne te beskerm

Besoeke aan die psigiater het vir my net een ding gewys: Dié mense is maller as ek. Hoe meer pille, hoe beter. Die medikasie is ook ontsaglik verslawend. Om ’n tablet oor te slaan – of as jou voorraad op is – lei tot onttrekking wat so ’n gemoed bloot ’n laaste hou kan toedien. 

Deel van die oplossing is om familie naby jou te hou. Jan Strydom, wat sy gesin uitgewis het en na wie bogenoemde berig verwys, was nie depressief nie; hy was sieker as dit. Hy was selfgesentreerd. 

Ons moet sulke mense vroegtydig uitwys en optree om gesinne teen die onstabieles te beskerm. 

Bron:  http://www.rapport.co.za/MyRapport/Briewe/Tree-vroeer-op-om-gesinne-te-beskerm-20110820 

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.