Uitreik Nuusbrief 2

Van die A2J’ers

Die uitreik was glad nie wat ek verwag het nie – dis beter. Ek het gedink dit sal baie harde werk wees en glo my dit is, maar ons kuier, lag en speel net so hard! Die lessies is ook baie oulik en dit is lekker. Die uitdrukking op die kindertjies se gesigte toe hulle die sop ontvang het, was regtikg rukkend en laat jou besef hoe bevoorreg ons is. Die uitreik is regtig iets wat ek dink ‘n mens moet bywoon. Dit verander mens van binne af en ek het lanklaas so na aan die Here gevoel. Baie dankie vir al die mense wat dit moontlik gemaak het. – Rudelie

 

Die uitreik is sover fantasties! Sondag het die A2J span na die ouetehuis gegaan om vir die tannies te kuier. Die tannies het stories uit hul verlede vertel en dit was glo baie hartseer. Terwyl die A2J span daar besig was, het Annette ses van ons meisies gekies om by die “Praise and Worship” te dans. Dit was baie lekker – ek het dit SO geniet! Dit was ek, Ashley, Soleil, Anshe, Maggie en Marizelle. Maandag het ons onmiddelik met lessies begin. Dit was vroeg en ons moes eers deur die strate loop. Die kleintjies kyk na jou met soveel belangstelling, dit het my hartjie laat smelt. Ons het lekker gesing en gedans saam met die koeksisters (Ashley, Misha en Anshe). Ek, Soleil en Maggie is die Jellyvisse – back-up singers. Ons het ook ‘n geestelike aand gehad en dit was baie spesiaal. Dit het gevoel asof ek regtig iets beteken vir God…

Ons het baie laat gaan slaap, want ons het gedink ons gaan ge-cream word. Ons cream is gesteel en ons het ses blikkies gehad. Ek was die enigste een in die kamer wat oorgehad het, so ek het voor die deur geslaap. Gelukkig het niemand gekom nie … phew. Dit was hartseer toe die kindertjies oor die sop en brood stry. Ek, soleil en Maggie het ‘n flop van die poppekas gemaak, maar dit was nog steeds snaaks. Ek kan nie wag vir die res van die week nie! – Aneske

 

Nuus wat nog moet volg – die volwasse en ouetehuis bedieninge.

 

Voorbidding

Bid saam met ons –

  1. Dat ons elkeen die Here se stem sal hoor en sal luister.
  2. Steeds die verhoudingsgeskille – Dit gaan al heelwat beter, maar verandering begin by ‘n moeilike plek – jouself.
  3. Vir gesondheid van die span. Die sieker een is al op die been, so ‘n groot dankie daarvoor.
  4. Eerstens ‘n groot dankie vir die goeie weer wat ons sover gehad het. Bid dat die res van die week ook geseënd sal wees, met koue en warmte op die regte tyd.
  5. Dat die uitreik in elkeen ‘n wortel sal laat groei / versterk wat in God geanker is. Spesifiek vir die span, maar ook vir Fraserburg.
  6. Vir môreaand se gesingsaand, veral vir Ds Martin wat dit lei en wie se stem op die oomblik wegraak.
  7. Ons deel ook môre klere vir die kinders uit. Dat almal iets sal kry en dat dit vlot sal verloop.

 

Gesels weer,

Johann Gerber

 

NS As jy gewonder het hoekom dit so lank stil was… wel, ‘n mens kry seker ook ‘n elektroniese drukkersduiwel!

Groete, J

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.