Augustinus moes vir ’n naweek Rome toe gaan, waar die Sabbat toe nog deur die kerk op Sondae gevier is, terwyl dit in Milaan steeds op Saterdae onderhou is. Augustinus wou by Ambrosius weet wat om te doen.
Dis toe dat Ambrosius hierdie bekende woorde sê. Paulus het op sy beurt in 1 Korintiërs 9 gesê vir die Jode moet jy ’n Jood word en vir die Grieke ’n Griek sodat sommiges gered kan word. Helaas het party kerklikes dit omgedraai. Dikwels probeer hulle om ander mense te verander om eerder soos hulle te lyk, dink, doen en praat. Is dit nie juis ons as gelowiges wat uit ons pad moet gaan om aan te pas en mense te dien met die evangelie van Christus nie? Moet ons nie diegene wees wat agteroor buig sodat ander Christus se goedheid kan ervaar nie?
Moet ons nie minder word sodat ander vir God kan raaksien nie?
Bron: ekerk.org NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.