Christene moet doen wat hulle sê – regter

Daar is groot armoede en ongelykheid, misdaad, werkloosheid en probleme in skole, gesondheidsdienste en met infrastruktuur soos paaie.

Hy het ook verwys na die skadelike materialisme onder Suid-Afrikaners.

In die konteks moet Christene hul profetiese roeping vind.

Uitsprake is nie genoeg nie, het Bertelsmann gesê. Dis ’n taak wat uitgevoer moet word, wat uitgeleef moet word in diens van God.

Hy het ook verwys na profete se taak wat nie bloot was om namens God te praat nie, maar ook namens verdruktes. Dit vra dat gelowiges geregtigheid en genade bring.

Hy het verwys na Jesus se woorde in Matteus 25, waar hy sy volgelinge aanmoedig om die hongeres te voed, naaktes te klee, diegene in tronke te besoek en dergelike diens te lewer
asof hulle dit aan Hom self doen.

Hy het verwys na die Reddingsdaadbond wat in die 1930’s ná die groot Depressie gestig is. So ’n optrede waarby alle Suid-Afrikaners kan baat vind, is nou nodig, het hy gesê.

Op ’n vraag hoe so ’n groot taak aangepak kan word, het Bertelsmann gesê: “Soos ’n mens ’n olifant eet: happie vir happie.”

Bron: http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Christene-moet-doen-wat-hulle-se-regter-20110801

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.