Terwyl dinge steeds hooploos is, dink hy terug aan die verloop van sy lewe. Hy dink aan die verlede en hoe hy na die Here gegaan het toe dinge moeilik was. Hy dink terug aan die tye wat daar fees gevier is en die redes vir die blydskap in sy lewe. En die verrassende ontdekking: hy het dit reggekry om fees te vier, al was daar storms. En dit voel asof “U het golf na golf oor my laat slaan.” (vers 8)
MAAR die Bron van hoop, is steeds sy helper en sy God …
… vir my en jou bly God steeds wie Hy is, niks of niemand kan dit verander nie: Hy is die lewende God, Hy is my helper en my God, my Rots, my skuiling!
Vandag leef ek Hom raak, al lyk dinge hoe sleg, want “tog sal die Here weer op ‘n dag sy trou laat blyk …” (vers 9). “Ja, ek sal weer vir Hom ‘n loflied sing.” (vers 12)
Hier is die geleentheid vir elkeen wat hooploos voel: leef jou eie persoonlike Bron van hoop raak in jou eie unieke ellende, én vertel vir ander hooplose mense Wie Hy vir jou is! Raak eerstehands bewus van jou eie woorde om Hom te beskrywe, of praat die Psalmskrywer na in die woorde in sy Woord oor wie Hy vir jou is.
Laat die Gees op jou hart skrywe wie die Bron van hoop vir jou, in jou eie lewe is!
Bron: http://doomcharl.blogspot.com/ NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.