Frik Terblanche

Matriekuleer in 1963 aan die Hoërskool Paul Sauer te Kareedouw.

Spandeer vier jaar in die Departement van Justisie, eers as klerk en daarna as staatsaanklaer.   Sluit daarna by die Kaapse Provinsiale Administrasie aan, eers as klerk en toe as wassery bestuurder, waarna ek 25 jaar in die Werkstudie afdeling werksaam is, tot en met my vervroegde aftrede.   Getroud in 1972 en het een seun.   Vir ongeveer dertig jaar woonagtig in Tygerdal, Goodwood as lid van die NG gemeente Goodwoodpark.   Sedert ‘n jaar na my vrou se afsterwe in 2006, is ek woonagtig by my seun en sy familie te Glencairn Heights en is sedertdien ook lidmaat van die NG gemeente Vishoek.   Op hierdie stadium van my lewe is my passie hoofsaaklik gesentreer rondom die Koninkryk van God en verteenwoordig ek ook die Omgeegroepbediening van die gemeente op die Kerkraad.   Ek kombineer ook my passie met my liefde vir die natuur en vir stap, as deel van die bestuur van die stapklub van die gemeente.   My familie is ook vir my uiters belangrik, ook as onafskeidbare deel van die groter familie in Christus.


NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.