Wat saak maak, is dat ek hom orals, dag en nag, soek, maar hom nêrens kry nie. Die donker gat raak net groter en groter en groter. Hy was te jonk, Here, heeltemal te jonk.
Ek wil in die stille nag in hardloop en gil hoe ek my pragseun mis. Ek wil al die ouers vertel hulle moet hul kinders liefhê, hulle koester. Oppas. Môre is te laat.
Ek wil vir die kerk en ons land se leiers skreeu: Glo soos ’n kind in God! Regeer ons land soos ’n kind, sonder afguns, haat en selfsug. Dit is hoe my seun was.
Here, die dominees en politici het U nodig. Help hulle.
Dan moet ek my snikke inhou, netnou maak ek my vrou wakker.
Here, my oë is al eelte gehuil. Here my God, ek gee nie om hoe U lyk of waar u is nie.
Here, ek mis my kind. Help my, ek kan nie meer nie.
Bron: Beeld.com