Hidden Treasures Charity Shop vir Hope Prison Ministry

Ons kan almal help om die kar deur die drif te kry! Enige item is welkom. Kyk jou kaste deur en raak ontslae van ongebruikte goed! Bring dit na die kerkkantoor en ons sal sorg dat dit op die rakke kom in Plumstead.

Dis nou enige iets van boeke,tydskrifte, klere, skoene, meubels, materiaal, wol, gereedskap, speelgoed, skryfware, messegoed, breekgoed, potte en panne, gordyne, tot CD’s, plate, kasette, video’s, elektriese ware, linne, handdoeke, grimering en juweliersware!!!!!!

 

Of gaan koop self iets by Hidden Treasures in 142 Main Road Plumstead. Dit gaan ’n agtermekaar plek wees..

U kan ook vir Lucia Oosthuysen  (lucia.oos@mweb.co.za) kontak vir meer inligting.

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.