Ek praat nie van die hoop dat al my onrealistiese verwagtinge gaan waar word nie. Dit sal so onrealisties wees as om te verwag dat my seuns nooit gaan baklei nie. Waarvoor ek wel hoop, is dat hulle mekaar nie ernstig sal beseer in die proses nie. Hoop word gebôre uit Geloof. Om te glo dat God in beheer is, dat Hy lief is vir ons en na ons sal kyk. Miskien is dit baie vereenvoudig, maar wat is fout daarmee om soos ‘n kind te glo?
Ek kry dit egter nie altyd reg om in elke uitdagende situasie aan die Hoop vas te hou nie, maar aan die einde van die dag is dit ‘n keuse. Dit begin by ‘n gedagte in jou kop. ‘n Gedagte wat later ‘n gewoonte kan word en voor jy jou kom kry, dan is dit wie jy is.
NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.