Die jongste voorval is een “waarin ’n pastoor as ’t ware vir Zuma seremonieel gesalf het en Romeine 13 op ’n onverantwoordelike wyse misbruik het om volgehoue steun vir die ANC aan kiesers op te dring”.
Dít, sê Strauss en du Toit, oorskry alle perke van verantwoordelike teologie, verantwoordelike gebruik van die Bybel en verantwoordelike werwing van steun vir die party.
Hulle vra Zuma om leierskap te toon deur saam te waak teen die misbruik van die Naam van God op dié manier. Slegs dan sal almal in die land saam kan sing “Nkosi sikelel’ iAfrika”.
- In ’n ander verklaring het die Apostoliese Geloofsending (AGS) ’n oproep gedoen op Christene om tydens die verkiesing te gaan stem.
Dit is alle burgers se reg en verantwoordelikheid om ’n korrupsievrye en verantwoordelike regering te verkies.
Bron: beeld.com