Jesus-standbeeld vir Kroasië kry teenstand

 

“Dit sal ‘n toeriste-aantreklikheid word, ‘n nuwe heiligdom,” het die burgemeester van Split, Zeljko Kerum, gesê.

“Ons is ‘n Katolieke stad en hierdie is ‘n Katolieke land.”

Die burgemeester is vasbeslote dat die munisipale kommissie die plan ondersteun en dat die inwoners van Split deur middel van ‘n referendum die oprigting van die standbeeld sal goedkeur.

“Die projek sal deur borge gefinansier word en sal die stad nie ‘n enkele kuna kos nie,” het Kerum verseker.

Duisende mense het egter reeds hul ontevredenheid via Facebook uitgespreek.

Sowat 4 000 mense het ‘n Facebook-blad wat die standbeeld teenstaan, ondersteun.

“Kerum se sondes gaan nie deur die oprigting van ‘n standbeeld vergewe word nie,” het een inwoner op Facebook gesê.

“Kerum probeer bloot stemme wen vir die volgende verkiesing,” het nóg kommentaar op Facebook gelui.

Sommige mense was ernstig gekant teen die idee: “As ek vir Jesus wil sien, sal ek kerk toe gaan”.

Intussen het ondersteuners van die standbeeld ook op die sosiale netwerk hul standpunt gemaak.

Die Facebook-blad ten gunste van die standbeeld het egter nog net ‘n paar dosyn ondersteuners.

Bron:  http://afrikaans.news24.com/Wereld/Nuus/Jesus-standbeeld-vir-Kroasie-kry-teenstand-20110711

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.