Kerk nie alles; jy moet dit uitlééf waarin jy glo



Ek kan hieroor ’n baie lang stuk skryf, maar my standpunt is: Hoekom op hierdie aarde moet ’n predikant dit (of soortgelyke uitsprake van Jesus) vir my sê of uitlê? Ek weet (amper) alles wat in die Bybel staan. Van kleins af. Hoekom moet ons kerk toe gaan om dit nog te hoor? Hoekom doen/leef ons dit nie vir ’n slag nie? Hoekom het ons nie ons naaste vir ’n slag lief nie? 

Ek ken baie predikante. Hoe meer ek van die meeste van hulle weet hoe minder wíl ek van hulle weet. Die kerklike taal wat hulle selfs in radio-eredienste gebruik soos “Ons is vanoggend hier in God se besondere teenwoordigheid” of “Welkom in die huis van die Here” is heeltemal uitgedien. 

God is genoeg. Dag vir dag. Sy Woord is genoeg (en ek hoef nie die Latyn hiervoor te gebruik nie). Dit wat Jesus ons rééds geleer het, is genoeg. Miskien moet ek nou begin leef soos ek glo.

Die Kerk is nie deur Jesus ingestel nie en is nie die antwoord vir ’n verhouding met God nie. 

In dieselfde Rapport word 17 vrae gegee oor Bybelkennis en die opmerking dat jong mense nie die Bybel ken nie. My seun van 16 het twee uit die 17 reg, maar hy verseker my hy het die Here lief. Ek weet hy het.

Bron:  http://www.rapport.co.za/MyRapport/Briewe/Kerk-nie-alles-jy-moet-dit-uitleef-waarin-jy-glo-20120302

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.