- Ons álmal, die wat naby aan die Here leef, sowel as ons wat soms ver van Hom af wegdwaal, staan ewe skuldig voor God. (19,23)
- Juis omdat ons almal so feilbaar is en hoegenaamd nie God se wet kan onderhou nie, het die Vader Sy Seun as Offerlam gestuur om ons van ál ons sondes te verlos. (24,25)
- As ons in Christus glo, tel ons verkeerde dade glad nie meer nie, want dan skuif dit as’t ware oor na Hom toe. Dan neem Hy ons sondes op Hom en betaal sy bloed daarvoor. (25,26)
Onthou vandag: As jy gekies het om Christus se uitnodiging te aanvaar en vir Hom gesê het: “Ja, U is mý Here en mý God”, dan sál jy eendag in die hemel wees. Dan ís jy gered. Vir altyd.
Dankie dat ek wéét dat ek u hemelkind is.
Bron: ekerk.org
NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.