Stephen Hawking en God

Hawking het die boek saam met ‘n Amerikaanse fisikus, Leonard Mlodinow, geskryf.

In dié boek sê Hawkings ‘n nuwe reeks teorieë toon dat ‘n skepper van die heelal oorbodig is.

“Omdat daar ‘n wet soos gravitasie is kan en sal die heelal homself maak uit niks.

“Spontane skepping is die rede hoekom daar iets is en nie niks is nie, dit is die rede hoekom die heelal en ons bestaan,” het Hawkings gesê.

Hy het ook gesê dit “is nie nodig om God op te roep om die heelal aan die gang te kry nie.”

Dié bekroonde kosmoloog en skrywer van die blitsverkoper A brief history of time, wat verskeie teorieë ontwikkel het om swart kolke en ander verskynsels in die hemelruim beter te verstaan, het sy vermoë om te kan praat in 1985 ná ’n lugpypinsnyding verloor.

Hy moes dié operasie weens ernstige longontsteking kry.

Hy het daarna met die hulp van ’n rekenaarbeheerde stemnabootser geleer praat.

Bron:  www.volksblad.com 

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.