En dan die besluit om weg te draai van die Verkeerde, om om te draai na God.
Die besluit raak nie net die lewe daarbuite nie; inderdaad reeds binne die mure wag beslissende keuses. So het in elk van die gevangenisse topvlak bendeleiers uitgetree. Hulle het ons gebede baie nodig. Veral Bradley, Gavin en Joey.
Van Maandag 22 Nov tot Saterdag 27 Nov word die volgende kursus in Pollsmoor aangebied. Bid asb vir oop gemoedere en hartgrondige berou. Vra dat die Here vir Ds Jonathan Clayton, kapelaan en Direkteur van Hope Prison Ministry, sal salf en seën met insig en wysheid vir elke uitdaging.
Lucia Oosthuysen
Fasiliteerder