Wys my Jesus

Die wetenskaplike wat ‘n prominente intellektueel was het begin om met hom die spot te drywe en hy het aan hom gesê: Hoe kan jy so gelukkig wees? Hoe kan jy sê jy het vreugde en vrede terwyl jy in hierdie gemors is? Jy weet nie eens of hulle jou familie alreeds vermoor het nie! Kyk net wat gaan hier aan, elke dag word hier drie of vier dooies uit gedra en wonder jy nie wanneer dit jou beurt gaan wees nie?” Die boer het hom geantwoord: “Ek het vir jou baie maal gesê, my geluk en vrede het ek in die Here Jesus gevind” [Onthou u Jeremia se vreugde in die HERE, hy kon nie in die kring van die spotters sit nie, maar hy het nog vreugde gehad.] Die wetenskaplike sê vir hom: “Jesus! Jy is gelukkig oor Jesus, kan jy Hom sien? “O’ Ja,’ Antwoord die boer, “Ek sien hom elke dag”–“Praat jy met jou Jesus” Vra die geleerde. O’ Ja. Ek praat elke dag met Hom”–antwoord die boer. “Praat Jesus met jou terug” vra die geleerde. O’ Ja, Hy praat elke dag met my.”–antwoord die boer. “Wat doen jou Jesus, glimlag hy vir jou?” “O’ Ja Hy glimlag vir my” “Wys my hoe glimlag Hy vir jou.”

Die boer wys toe aan hom die Glimlag wat die Here Jesus vir hom gegee het en daar kom ‘n verheerlikte gesig tot die geleerde wat hom op sy aangesig laat neerval het terwyl hy die vloer met sy vuiste slaan en hy sê: “Jy het Christus gesien, jy het Hom gesien!” En hy het net daar tot bekering gekom en ‘n gelowige geword.

Bron:  http://www.moriel.org

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.